Doelstelling van die BWAV

 

  • Om die Versameling, bestudering, restourasie, bewaring en wettige gebruik van alle wapens en ammunisie en verbandhoudende artikels te bevorder.
  • Om inligting en kennis tussen lede onderling en tussen verenigings en organisasies met soortgelyke doelstellings uit te ruil.
  • Om die veilige hantering en besit van wapens te bevorder en om suiwer wapen etiket daar te stel.
  • Om wettige wapen sport en etiese jag te bevorder. 
  • Om ‘n gesonde kennis van alle relevante wapen- en jagwette te bevorder
  • Om lede aan te moedig om aansoek te doen as versamelaars van Wapens, Ammunisie, en as Toegewyde Jagters.

 

Missie

  • Die BWAV aanvaar die God gegewe kultuur opdrag om oor Sy skepping sinvol en met verantwoordelikheid te heers.
  • Die BWAV hou hom by sy akkreditasie en affiliasie voorwaardes en waak nougeset oor sy Grondwet, soos van tyd tot tyd gewysig, die Regulasies en kodes daartoe.
  • Die BWAV beywer hom vir die reg om vuurwapens wettig te besit en te versamel.
  • Die BWAV beywer hom vir die reg om te jag en onderskryf bewaring deur volbehoue benutting.
  • Die BWAV erken CHASA en NAACCSA as Leier Organisasies waardeur daar kollektief beding en opgetree kan word, ter bevordering van sy Missie en Doelstellings en die belange van al sy lede.